E-Book, Afrikaans, 162 Seiten
Reihe: Sahara Avontuur Reeks
Fouche / Haasbroek Die Fort is Stil
1. Auflage 2025
ISBN: 978-1-928498-04-9
Verlag: Pieter Haasbroek
Format: EPUB
Kopierschutz: 0 - No protection
'n Suid-Afrikaanse Held se Stryd in die Franse Vreemdelegioen, Boek 5
E-Book, Afrikaans, 162 Seiten
Reihe: Sahara Avontuur Reeks
ISBN: 978-1-928498-04-9
Verlag: Pieter Haasbroek
Format: EPUB
Kopierschutz: 0 - No protection
Teuns Stegman, Fritz Mundt en Jack Ritchie raak in 'n kroeggeveg betrokke met Arabiere. Vir hulle straf word hulle tydelik verplaas na een van die ander Franse forte in die Sahara woestyn - Fort Laval. Toe die afloskolonne by Fort Laval opdaag, besef hulle gou dat daar 'n groot skroef los is. Die afloskolonne word egter gou oorrompel deur Brigitte Bonnet. Sy wil weerwraak neem vir die dood van haar suster en wil nou die hele Vreemdelegioen vernietig. Die dertig manskappe word opgesluit in die fort se slaapsaal. Dan hoor hulle iemand wat so aaklig skreeu van pyn dat dit koue rillings deur hulle stuur. Kort daarna word die lyk van die manskap uitgedra deur rampokkers wat rubber handskoene dra. Hulle verneem dan van Brigitte Bonnet dat sy 'n hoogs geheime wapen het, wat se uitwerking sy wil uittoets op die legioensoldate.
Die geluksgodin is teen Teuns Stegmann en hy word gekies as die volgende proefkonyn vir die wrede eksperiment. Nie lank daarna nie sien hulle deur die slaapsaal se vensters hoe sy lyk ook uitgedra word. Fritz Mundt en Jack Ritchie probeer om te ontsnap en word doodgeskiet, so word hulle vertel. Dan begin daar snaakse dinge gebeur in die fort. Die perde, muile en kamele waarmee die rampokkers opgedaag het, verdwyn spoorloos. Die volgende dag word die marconis en 'n soldaat op die borswering van die fort dood aangetref. Asof dit nie erg genoeg is nie, begin die vasgekeerde manne in die slaapsaal snaakse geluide hoor wat vanaf die vloer onder hulle kom, in morsekode.
Brigitte Bonnet laat die plek twee maal behoorlik omkeer op soek na die skuldiges, maar vind elke keer niks nie. Professor Benesj daag die volgende dag op in 'n groot vragvliegtuig saam met nog meer soldate, om die geheime en dodelike wapen se impak op die soldate te kom voltooi. Byna dood van honger en dors wag die moedelose Vreemdelegioensoldate dat hulle na die woestyn geneem moet word, om daar aan die geheime wapen blootgestel te word. Maar net toe die finale verrigtinge 'n aanvang neem, bars die duiwel behoorlik los in Fort Laval en die een skok volg op die ander...
Weitere Infos & Material
DIE FORT IS STIL
deur
MEIRING FOUCHE
Uitgegee deur:
SKATKIS BOEKE - UITGEWERS
Strand Mews Strand
2018
Die Fort is Stil
Voorbladskets is die oorspronklike voorblad van die 1980’s se uitgawe.
Hierdie boek is die derde uitgawe (aangepaste weergawe).
Kopiereg op hierdie verhaal is voorbehou en dit mag nie in die geheel of gedeeltelik herdruk word of versprei word sonder die nodige skriftelike toestemming van die uitgewer nie. Herdruk sluit in geen vorm van elektroniese of meganiese vorm, bv. deur middel van e-boeke, fotokopiëring, skryf, bandopname of deur enige ander manier vir inligtingsbewaring of ontsluiting. Al die karakters en gebeure in hierdie verhaal is denkbeeldig en het geen betrekking op enige persone, lewendig of dood nie.
DIE FORT IS STIL
deur Meiring Fouche
ISBN 978-1-928498-04-9
Uitgegee deur:
Skatkis-Uitgewers, Strand Mews, Strand 7140
Suid-Afrika
Kopiereg @ Pieter Haasbroek (2018)
Webwerf: http://www.softcoverbooks.co.za
OPSOMMING
Teuns Stegman, Fritz Mundt en Jack Ritchie raak in ’n kroeggeveg betrokke met Arabiere. Vir hulle straf word hulle tydelik verplaas na een van die ander Franse forte in die Sahara woestyn - Fort Laval. Toe die afloskolonne by Fort Laval opdaag, onder leiding van Luitenant Juin, besef hulle gou dat daar ’n groot skroef los is. Hulle sien geen lewe in die fort nie en die fort se poort staan wawyd oop. Teuns en Fritz gaan saam met luitenant Juin om eers die fort te gaan ondersoek, terwyl hulle mede manskappe buite die fort wag. Binne in die fort word hulle en die soldate buite die fort gou oorrompel deur Brigitte Bonnet, suster van El Karima en die vorige vorstin van die Doelak volk. Sy wil weerwraak neem vir die dood van haar suster en wil nou die hele Vreemdelegioen vernietig.
Die dertig manskappe word opgesluit in die fort se slaapsaal, sonder enige kos of water en saam met die ander manskappe van die fort wat ook reeds oorrompel is. Dan hoor hulle iemand wat so aaklig skreeu van pyn dat dit koue rillings deur hulle stuur. Kort daarna word die lyk van die manskap uitgedra deur rampokkers wat rubber handskoene dra. Hulle verneem dan van Brigitte Bonnet dat sy ’n hoogs geheime wapen het, wat se uitwerking sy wil uittoets op die legioensoldate.
Die geluksgodin is teen Teuns Stegmann en hy word gekies as die volgende proefkonyn vir die wrede eksperiment. Nie lank daarna nie sien hulle deur die slaapsaal se vensters hoe sy lyk ook uitgedra word. Fritz Mundt en Jack Ritchie word gestuur om water en kos te gaan haal, voor dit permanent van hulle weg geneem word. Hulle kom egter nooit terug na die manne toe nie en word daar vir hulle gesê dat hulle doodgeskiet is omrede hulle probeer het om te ontsnap.
Die manne begin later waansinnig raak van die dors en hongerte. Dan begin daar snaakse dinge gebeur in die fort. Die perde, muile en kamele waarmee die rampokkers opgedaag het, verdwyn spoorloos. Die volgende dag word die marconis en ’n soldaat op die borswering van die fort dood aangetref. Asof dit nie erg genoeg is nie, begin die vasgekeerde manne in die slaapsaal snaakse geluide hoor wat vanaf die vloer onder hulle kom, in morsekode. Brigitte Bonnet laat die plek twee maal behoorlik omkeer op soek na die skuldiges, maar vind elke keer niks nie. Professor Benesj daag die volgende dag op in ’n groot vragvliegtuig saam met nog meer soldate, om die geheime en dodelike wapen se impak op die soldate te kom voltooi. Moedeloos, raadop en al byna dood van honger en dors, wag die Vreemdelegioensoldate dat hulle na die woestyn geneem moet word, om daar aan die geheime wapen blootgestel te word. Maar net toe die finale verrigtinge ’n aanvang neem, bars die duiwel behoorlik los in Fort Laval en die een skok volg op die ander...
UITTREKSEL
Juin gryp die deurknop en swaai die deur vinnig oop. Hy staan wydsbeen daar, met die rewolwer gereed in sy hand, sy oë gloeiend. Die ander twee beweeg agter hom in en kom staan hier weerskante van hom, hul gewere parallel met die grond, gereed om teen hul skouers gegooi te word.
Maar hulle is so verbaas en so geskok dat hul vingers slap om die snellers lê.
Daar agter die lessenaar wat aan die bevelvoerder van Fort Laval behoort, sit een van die pragtigste vroue wat hulle nog ooit gesien het. Haar welige hare is soos nuwe koper wat gepoets is. Haar oë waarin ’n geamuseerde trek is, is groen soos die diep kolke van die see en haar mond is sag, aanloklik en tog streng.
Haar liggaam lyk baie rustig in die gewaad van ’n sjeik, maar sy het nie hul hoofbedekking op nie. Sy het ’n ligte purperkleed van ’n Arabiese hoogwaardigheidsbekleër aan. Haar vel het die kleur van ’n olyf en ’n groot rooi robyn glinster aan ’n ring, aan een van haar vingers.
Teuns Stegmann staar met asemlose verbystering na haar, nie net na haar oorweldigende skoonheid nie, maar ook na iets anders.
INHOUD
Hoofstuk
1. Die Stil Fort
2. Kennismaking
3. Bitter Keuse
4. Die Lyk
5. ’n Eksperiment
6. Sluipende Dood
7. Verraad
8. Die Geluid
9. ’n Besoeker
10. Terug uit die Dood
5. DIE FORT IS STIL
Hoofstuk 1
DIE STIL FORT
Dit lyk kompleet of die sandduine in die hittegolwe swem en sweef, asof die aardkors op en neer beweeg en dan lang, swaaiende voue maak soos ’n kokende massa wat deur die hitte in beroering gebring word.
En dit is al die laat middag hier in die suidoostelike Sahara. Maar hierdie was ’n verskriklike dag, seker een van die ergste wat selfs hierdie geharde klompie manne wat deur die sand aanstryk, nog hier beleef het. Dit voel asof hul voetsole reeds gaar is, want die hele dag al brand die onkeerbare hitte van die sand deur hul dik stewels. Hul rugpakke voel soos lood agter hul rûe en hulle kan nie meer mooi uit hul oë sien nie, so het die hitte skittering hul kykers al geteister en het die sweet hulle al gebrand. Dit voel vir hulle asof hulle al maande gelede uit Dini Salam weg is, al is dit maar net ’n paar dae gelede. Soos hulle nou hier aanstryk, voel dit vir hulle asof hulle geen toekoms en geen môre het nie. Hulle voel in hierdie oomblik dood vir die wêreld, sonder energie en sonder belangstelling.
“As hier nou ’n klompie Arabiere op ons afkom, kan hulle my met ’n bees se stert doodslaan,” sug manskap Fritz Mundt, die grootste man in die Franse Vreemdelegioen. “Hulle kan met my net maak soos hulle wil en ek sal geen weerstand bied nie.”
“As ek my nou gaan neerlê, slaap ek vir ’n hele salige week,” sê manskap Teuns Stegmann, die lang, blonde Suid Afrikaner wat hier langs Fritz stap. “Ek dink nie ek was al ooit in my lewe so pootuit nie. Hierdie is moord, hierdie soort marsjeerdery in hierdie vreeslike hitte. Lyk vir my die Sahara wil ons ook nog straf, net asof die Legioen ons nie al genoeg straf nie.”
“Gee my ’n Wiener Schnitzel en ’n yslike karba Italiaanse Chianti, so van die ys af,” praat Jack Ritchie wat saam met Stegmann en Mundt in dieselfde ry aanslof. “Daarna kan julle my maar begrawe...”
Die ander twee kyk vinnig en verbaas na die blonde Engelsman asof hy ’n oortreding gepleeg het deur daardie woorde uit te spreek en daardie visioen voor hulle op te tower.
“Ek dink jy het ’n sterk streep weg, Engelsman,” snork Teuns Stegmann, “anders sal jy nie in hierdie omstandighede en op hierdie oomblik sulke nonsies praat nie.”
“Is jy stapelgek, Engelsman?” bars Fritz uit. “Weet jy nie dat ons op pad is na Fort Laval nie? Weet jy nie dat ons daar drie maande op droë beskuit, blikkies vleis en droë vrugte gaan lewe nie? Hulle moet ’n wet maak teen julle manne wat oor kos en koue wyn praat wanneer ’n mens wil vrek van die honger en dors.”
“Hulle moet hulle teen die muur sit en doodskiet,” meen Teuns.
“Ek het maar net hardop gedroom,” sê Jack verontskuldigend. “As ’n mens nie kan eet en drink nie, kan jy minstens droom, of hoe?”
“Droom in die vervolg jou drome so dat ons hulle nie kan agterkom nie,” knor Fritz en spuug ’n ou pruimpie in die sand weg. Dan haal hy sy waterfles af en hou dit voor sy mond, maar dit is vergeefs, want daar is geen druppel meer oor nie.
“Jy hoef nie daardie gebaar te maak elke keer as jy wil drink nie, Fritz Mundt,” betig Jack Ritchie hom. “Hoekom vra jy nie vir water as jy dors is nie?”
Die groot Duitser glimlag vir Jack wat sy waterfles na hom uitreik. “Jy kan maar hierdie bietjie water ook uitdrink, want jy het tog reeds al my water opgesuip,” sê die Engelsman.
“Jy het so ’n goeie hart, hulle behoort jou die Croix de Guerre te gee,” treiter Fritz en neem die waterfles en drink een mondvol. “In elk...




