E-Book, Afrikaans, 167 Seiten
Reihe: Sahara Avontuur Reeks
Fouche / Haasbroek Dreunende Hoewe
1. Auflage 2025
ISBN: 978-1-928498-06-3
Verlag: Pieter Haasbroek
Format: EPUB
Kopierschutz: 0 - No protection
'n Suid-Afrikaanse Held se Stryd in die Franse Vreemdelegioen, Boek 7
E-Book, Afrikaans, 167 Seiten
Reihe: Sahara Avontuur Reeks
ISBN: 978-1-928498-06-3
Verlag: Pieter Haasbroek
Format: EPUB
Kopierschutz: 0 - No protection
Teuns Stegmann en van sy vriende ontsnap uit die vesting van die Doelaks in die Atlasgebergte, met 'n bomwerper. Hulle land daarmee in Dini Salam en vertel aan kolonel Le Clerq, bevelvoerder van Dini Salam, dat daar verskeie gaswapens in die vliegtuig is. Die dodelike gaswapens was bestem vir Brigitte Bonnet, leier van die Doelaks se aanval teen die Franse forte. Hulle verwag dat sy binnekort al die forte daarmee gaan aanval.
Dan bereik nog meer skokkende nuus hulle. Die heilige Swaard van Doetra word gesteel uit sy bewaring in die Franse hoofkwartier. Dit alleen is genoeg om feitlik al die Arabiere in die woestyn saam te laat staan, in hul stryd om die Franse juk finaal van hul skouers af te gooi. Kaptein D'Arlan, wat die bynaam Houdini van die woestyn gekry het, beraam 'n hoogs geheime plan wat hy aan kolonel Le Clerq voorlê. Met tweehonderd manskappe tot sy beskikking vertrek hy kort daarna die woestyn binne, om sy plan in werking te gaan stel.
Brigitte Bonnet, vorstin en leier van die Doelaks stuur vyfhonderd ruiters na die eerste Franse fort, Fort Laval. Maar tot hul verbystering is die fort dolleeg, buiten een baie dronk manskap wat agter gebly het. Hy vertel hulle 'n verhaal wat hulle amper nie kan glo nie. Die Doelaks beset dadelik die fort en maak planne om die volgende fort, fort Petain te gaan aanval. Fort Laval is egter toe nie so leeg as wat hulle aanvanklik gedink het nie en kry hulle die verrassing van hul lewe. Een Doelak ontsnap egter die dood en verwoesting. Teuns, Fritz en Jack Ritchie word gestuur om hom agterna te sit en te verhoed dat hy alarm gaan maak by Brigitte se hoofmag, wat reeds op pad is om die fort Dini Salam te gaan aanval.
Kort voor lank word hulle in die woestyn oorval deur ses gewapende drosters van die Franse Vreemdelegioen. By hulle het hulle iets, so ongelooflik en so belangrik dat Teuns weet hulle moet so gou moontlik probeer ontsnap, om die uiters belangrike nuus so spoedig moontlik aan kolonel Le Clerq te gaan oordra. Met 'n baie slim set slaag Teuns daarin om hulle drie te bevry, maar hulle vlug en vreugde is van korte duur. 'n Patrollie van twintig Arabiere kry hul spoor en volg hulle genadeloos deur die woestyn, om die skat wat hulle gevind het, terug te kan kry.
Intussen weet nie Teuns-hulle of kolonel Le Clerq wat van D'Arlan geword het nie. Hy en sy tweehonderd manskappe het eenvoudig spoorloos verdwyn. Dan daag daar skielik 'n see van derduisende ruiters op wat Dini Salam heeltemal omring. Brigitte Bonnet het opgedaag saam met duisende ander Arabiere en berei hulle voor vir die finale aanval teen Dini Salam, die volgende oggend. Vanaf die borswering in Dini Salam, sien kolonel Le Clerq 'n eensame ruiter aangejaag kom na die hooftent van Brigitte Bonnet. Nie lank daarna nie, vertek sy en drieduisend ruiters in 'n stofwolk na Doetra, hulle eie vesting. Die onbekende ruiter word begelei deur sestig van Brigitte se lyfwag op spierwit perde. Kolonel Le Clerq kan nie verstaan wat aangaan nie en besef dat hulle posisie hopeloos is. Maar dan besluit hy om iets gewaagds aan die saak te doen voor die volgende oggend. 'n Rooi ligstraal wat agter die duisende aanvallers in die lug opgeskiet is, is die teken waarop hulle gewag het...
Weitere Infos & Material
DREUNENDE HOEWE
deur
MEIRING FOUCHE
Uitgegee deur:
SKATKIS BOEKE - UITGEWERS
Strand Mews Strand
2018
Dreunende Hoewe
Voorbladskets is die oorspronklike voorblad van die 1980’s se uitgawe.
Hierdie boek is die derde uitgawe (aangepaste weergawe).
Kopiereg op hierdie verhaal is voorbehou en dit mag nie in die geheel of gedeeltelik herdruk word of versprei word sonder die nodige skriftelike toestemming van die uitgewer nie. Herdruk sluit in geen vorm van elektroniese of meganiese vorm, bv. deur middel van e-boeke, fotokopiëring, skryf, bandopname of deur enige ander manier vir inligtingsbewaring of ontsluiting. Al die karakters en gebeure in hierdie verhaal is denkbeeldig en het geen betrekking op enige persone, lewendig of dood nie.
DREUNENDE HOEWE
deur Meiring Fouche
ISBN 978-1-928498-06-3
Uitgegee deur:
Skatkis-Uitgewers, Strand Mews, Strand 7140
Suid-Afrika
Kopiereg @ Pieter Haasbroek (2018)
Webwerf: http://www.softcoverbooks.co.za
OPSOMMING
Teuns Stegmann en van sy vriende ontsnap uit die vesting van die Doelaks in die Atlasgebergte, met ’n bomwerper. Hulle land daarmee in Dini Salam en vertel aan kolonel Le Clerq, bevelvoerder van Dini Salam, dat daar verskeie gaswapens in die vliegtuig is. Die dodelike gaswapens was bestem vir Brigitte Bonnet, leier van die Doelaks se aanval teen die Franse forte. Hulle verwag dat sy binnekort al die forte daarmee gaan aanval. Dan bereik nog meer skokkende nuus hulle. Die heilige Swaard van Doetra word gesteel uit sy bewaring in die Franse hoofkwartier. Dit alleen is genoeg om feitlik al die Arabiere in die woestyn saam te laat staan, in hul stryd om die Franse juk finaal van hul skouers af te gooi. Kaptein D’Arlan, wat die bynaam Houdini van die woestyn gekry het, beraam ’n hoogs geheime plan wat hy aan kolonel Le Clerq voorlê. Met tweehonderd manskappe tot sy beskikking vertrek hy kort daarna die woestyn binne, om sy plan in werking te gaan stel.
Brigitte Bonnet, vorstin en leier van die Doelaks stuur vyfhonderd ruiters na die eerste Franse fort, Fort Laval. Maar tot hul verbystering is die fort dolleeg, buiten een baie dronk manskap wat agter gebly het. Hy vertel hulle ’n verhaal wat hulle amper nie kan glo nie. Die Doelaks beset dadelik die fort en maak planne om die volgende fort, fort Petain te gaan aanval. Fort Laval is egter toe nie so leeg as wat hulle aanvanklik gedink het nie en kry hulle die verrassing van hul lewe. Een Doelak ontsnap egter die dood en verwoesting. Teuns, Fritz en Jack Ritchie word gestuur om hom agterna te sit en te verhoed dat hy alarm gaan maak by Brigitte se hoofmag, wat reeds op pad is om die fort Dini Salam te gaan aanval. Kort voor lank word hulle in die woestyn oorval deur ses gewapende drosters van die Franse Vreemdelegioen. By hulle het hulle iets, so ongelooflik en so belangrik dat Teuns weet hulle moet so gou moontlik probeer ontsnap, om die uiters belangrike nuus so spoedig moontlik aan kolonel Le Clerq te gaan oordra. Met ’n baie slim set slaag Teuns daarin om hulle drie te bevry, maar hulle vlug en vreugde is van korte duur. ’n Patrollie van twintig Arabiere kry hul spoor en volg hulle genadeloos deur die woestyn, om die skat wat hulle gevind het, terug te kan kry.
Intussen weet nie Teuns-hulle of kolonel Le Clerq wat van D’Arlan geword het nie. Hy en sy tweehonderd manskappe het eenvoudig spoorloos verdwyn. Dan daag daar skielik ’n see van derduisende ruiters op wat Dini Salam heeltemal omring. Brigitte Bonnet het opgedaag saam met duisende ander Arabiere en berei hulle voor vir die finale aanval teen Dini Salam, die volgende oggend. Vanaf die borswering in Dini Salam, sien kolonel Le Clerq ’n eensame ruiter aangejaag kom na die hooftent van Brigitte Bonnet. Nie lank daarna nie, vertek sy en drieduisend ruiters in ’n stofwolk na Doetra, hulle eie vesting. Die onbekende ruiter word begelei deur sestig van Brigitte se lyfwag op spierwit perde. Kolonel Le Clerq kan nie verstaan wat aangaan nie en besef dat hulle posisie hopeloos is. Maar dan besluit hy om iets gewaagds aan die saak te doen voor die volgende oggend. ’n Rooi ligstraal wat agter die duisende aanvallers in die lug opgeskiet is, is die teken waarop hulle gewag het…
UITTREKSEL
“Baie dankie, dapper prins,” terg Teuns terug. “Ons kan later praat. Laat ons gou die perde voor die hek wegkry. Die duiwel gaan nou enige oomblik losbreek.”
En so is dit ook. Teuns se woorde is nog nie eens koud nie, toe voel dit asof die hele woestyn vergaan. Snelgewere begin dodelik stotter, koeëls blits rooi deur die lug en daar is harde ontploffings net buite die fort. Die Arabiere roep uit en skreeu asof hulle vermoor word en oor alles hang die snaakse wit lig van die ligkoeëls wat Petacci daar uit die vlagtoring bly afvuur.
Teuns en Fritz jaag die perde vinnig voor die poort weg en neem hulle na agter toe, waar hulle veilig sal wees. Dan hardloop hulle ook die trappe na die borswerings op, waar die res van die manne besig is om handgranate tussen die Arabiere in te gooi. Daar waar die handgranate val, saai dit dood en verwoesting...
INHOUD
Hoofstuk
1. Nuwe Wapen
2. Man met ’n Vlag
3. Die Poppe Dans
4. Slagting voor die Poort
5. Bloedspoor
6. Vreemde Ruiters
7. Gevangenes
8. Dood in die Donker
9. Bitter Vlug
10. Die Hordes Kom
11. Verrassing vir Madame
7. DREUNENDE HOEWE
Hoofstuk 1
NUWE WAPEN
Fritz Mundt, die groot Duitser in die Franse Vreemdelegioen, roer sy tone, verander sy hande onder sy kop en kyk dan na die plafon waar die vlieë draai. Dan besluit hy om die vraag te stel wat hy so lankal wil stel. Hy kap vinnig met sy groot hand na ’n lastige vlieg, draai op sy sy en kyk na die lang, blonde man op die katel langs syne. Hy kyk na sy gespierde kaal bolyf, na die lenige, kragtige bene en na die blonde kop wat deurmekaar is van die slaap. En dit op hierdie middag wat so warm is dat dit voel asof dit al die vog uit jou liggaam trek.
Fritz roer die pruimpie ’n slag in sy kies. “Suid Afrikaner,” sê hy dan, “dink jy hulle gaan ons terugstuur na daardie bakoond van ’n Fort Laval?”
Teuns Stegmann, die lenige Suid Afrikaner, maak sy oë oop, draai sy kop stadig en kyk bietjie verdwaas na die Duitser.
“Vir wat slaap jy nie, ou grote? Vir wat lê en vra jy nonsens vrae op ’n middag soos hierdie?”
“Dink jy hulle gaan ons terugstuur na daardie vlieënes toe?”
“Hoe moet ek weet?” antwoord Teuns. “Hulle sal ons seker terugstuur. Ons is veronderstel om drie maande daar af te los. Ons paar was seker nie meer as drie of vier dae daar voordat die noodlot ander manewales met ons uitgehaal het nie. Nee, ek dink hulle sal ons terugstuur, ou grote...”
“Na alles wat ons deurgemaak het? Nee, hulle kan nie! As hulle ons weer na daardie verpestelike plek stuur, dan rebelleer ek! Ek het net mooi genoeg gehad van daardie verlate plek!”
“Hierdie is nie ’n stedelike klub nie, ou grote,” sê Teuns en gaap en klap met sy hande na die vlieë wat so lastig is. “Hierdie is die Franse Vreemdelegioen en hier doen jy soos vir jou gesê word of weet jy dit nog nie?”
“Maar ons paar was amper dood! Hulle kan ons mos nie sommer nou al weer na Fort Laval stuur nie?” Hoekom gaan sê jy nie vir die kolonel dat jy nie na Fort Laval wil teruggaan nie? Dalk bevorder jy jou tot sersant...” Die Suid Afrikaner swaai op sy sy en kyk onderlangs na die Duitser. “Jy wil net weer hier in Dini Salam lê en wyn suip, dit is al,” terg hy die Duitser wat met ’n uitdrukking van onvergenoegdheid daar lê.
Meteens kom Fritz Mundt half orent op sy elmboog. “Hier is mos ander manne wat hulle kan stuur! Hier is van hierdie gespuis wat in die afgelope jaar nog nooit in Fort Laval was nie!”
“Miskien stuur hulle ons omdat hulle meen dat ons so dapper is. Miskien is hulle bang dat die ander kêrels nie dieselfde goeie werk sal kan doen as ons paar nie.” Teuns buk, tel sy sigaretstompie van die vloer af op en steek dit aan. Hy trek ’n diep skuif aan sy sigaret en kyk deur die groot slaapsaal. Die beddens is amper almal leeg. Net ’n paar kêrels lê op die hittige middag hier en rus. Dit is hyself, Fritz Mundt, Podolski, die Pool, Jack Ritchie, die blonde Engelsman en Petacci, die klein Italianertjie, wat so snork dat geen mens dit sal kan hou nie.
Nadat hulle...




