Fouche / Haasbroek | Wraak van die Woestyn | E-Book | www.sack.de
E-Book

E-Book, Afrikaans, 160 Seiten

Reihe: Sahara Avontuur Reeks

Fouche / Haasbroek Wraak van die Woestyn

'n Suid-Afrikaanse Held se Stryd in die Franse Vreemdelegioen, Boek 4
1. Auflage 2025
ISBN: 978-1-928498-03-2
Verlag: Pieter Haasbroek
Format: EPUB
Kopierschutz: 0 - No protection

'n Suid-Afrikaanse Held se Stryd in die Franse Vreemdelegioen, Boek 4

E-Book, Afrikaans, 160 Seiten

Reihe: Sahara Avontuur Reeks

ISBN: 978-1-928498-03-2
Verlag: Pieter Haasbroek
Format: EPUB
Kopierschutz: 0 - No protection



'n Patrollie van die Franse Vreemdelegioen bly drie dae langer weg as wat beplan was. Dan daag hulle onverwags by fort Dini Salam op, vasgemaak bo-op perde en so erg gemartel en geskend dat nie een van hulle meer lank lewe nie. Die blond Suid Afrikaner wat hulle vergesel het, het egter nie saam teruggekom nie. Hy is ook deur El Karima weggevoer na Doetra, die hoofstad van die Doelaks, om daar te gaan sterf op die heuwel van die berg arende. Teuns slaag daarin om met behulp van 'n ou vriend te ontsnap, maar nie voor hy die Doelaks se heilige Swaard van Doetra steel uit die paleis van El Karima nie.


 Intussen kry die bevelvoerders in Dini Salam opdrag van die Opperbevel in Frankryk dat hulle nou vir eens en altyd moet ontslae raak van die wit heks, El Karima, blanke vorstin van die Doelaks. Kaptein D'Arlan lê 'n fantastiese plan voor aan kolonel Le Clerq. Dit is 'n gewaagde, maar uiters briljante plan wat die Legioen nog nooit vantevore toegepas het nie. Met slegs sestig man tot sy beskikking, slaag hulle daarin om die eerste Doelak patrollie maklik te oorwin. Dan stuur El Karima vyfhonderd Arabiere wat die patrollie gou omsingel, maar net nie kan oorwin nie.


 Teuns Stegmann word gou weer gevange geneem, maar een van die natuur se kragtigste verskynsels gee hom die geleentheid om weereens te kan ontsnap. Hy kom later af op die Franse patrollie wat deur tweeduisend Doelaks aangeval word. Kaptein D'Arlan se patrollie se water en patrone is bykans op en staar hulle 'n totale uitwissing in die gesig. Dan doen Teuns Stegmann iets op sy eie, so onverwags en so ongelooflik dat dit almal totaal onkant vang en groot chaos veroorsaak in die woestyn...

Fouche / Haasbroek Wraak van die Woestyn jetzt bestellen!


Ihre Fragen, Wünsche oder Anmerkungen
Vorname*
Nachname*
Ihre E-Mail-Adresse*
Kundennr.
Ihre Nachricht*
Lediglich mit * gekennzeichnete Felder sind Pflichtfelder.
Wenn Sie die im Kontaktformular eingegebenen Daten durch Klick auf den nachfolgenden Button übersenden, erklären Sie sich damit einverstanden, dass wir Ihr Angaben für die Beantwortung Ihrer Anfrage verwenden. Selbstverständlich werden Ihre Daten vertraulich behandelt und nicht an Dritte weitergegeben. Sie können der Verwendung Ihrer Daten jederzeit widersprechen. Das Datenhandling bei Sack Fachmedien erklären wir Ihnen in unserer Datenschutzerklärung.