Le Roux / Haasbroek | Hoefslae teen Middernag | E-Book | sack.de
E-Book

E-Book, Afrikaans, Band 7, 133 Seiten

Reihe: Woeste Laeveld

Le Roux / Haasbroek Hoefslae teen Middernag

E-Book, Afrikaans, Band 7, 133 Seiten

Reihe: Woeste Laeveld

ISBN: 978-1-928498-69-8
Verlag: Pieter Haasbroek
Format: EPUB
Kopierschutz: Kein



HOEFSLAE TEEN MIDDERNAG - WOESTE LAEVELD REEKS

Hierdie verhaal speel af in die tydperk 1835 - 1887 tydens die storm en drang jare van die Oostelike Transvaal, toe die geel erts honderde mense na gebiede om Barberton laat stroom het. Die goudkoors het hewig gewoed en avontuur en romantiek was aan die orde van die dag. ’n Kosmopolitiese bevolking is in Barberton saam gehok en wetteloosheid het onrusbarend toegeneem. Die Republikeinse polisie was te ontoereikend om hierdie wetteloosheid die hoof te bied. Dit was die jare toe die geweer en die rewolwer reg en geregtigheid beslis het en meermale het ongeregtigheid die botoon gevoer.

In hierdie verhaal is Hein Brandis op pad na ? ou vriend van hom, genaamd oom Izak Langeman, wat hy baie jare laas gesien het. Oom Izak se beeldskone dogter, Roelien, was goed bevriend met Hein in hul kinderjare, maar sy het toe weggeloop en gaan trou met Nic Beetge, wat ? opperste skurk en veedief is. Nie lank na haar troue nie, kry Roelien dit reg om ongemerk vir haar pa ? brief te stuur, waarin sy dringend om hulp vra. Oom Izak het toe weer dadelik vir Hein laat ontbied. Hein het skaars by oom Izak opgedaag en verneem na die inhoud van die brief of hulle twee raak betrokke by veediewe, wat beide se beeste probeer wegvoer. In die skermutseling wat volg, sterf om Izak en dit maak Hein vasbeslote om hierdie geheim van Roelien en die beesdiewe op te los. Gou val die vuiste en klap die skote en Hein het omtrent al sy dae om aan die lewe te bly. Hein kry onder andere hulp vanuit ? onverwagte oord in die vorm van Marlene. Sy is net so beeldskoon soos Roelien en het rooi hare wat oral aandag trek. Saam met haar en Frans Verwey wat ? wetstoepasser is, probeer hulle die veediewe aankeer en kos dit al hul ervaring en vermoëns om staande te bly teen die gevaarlike bende wat voortdurend poog om hulle uit te wis.
Le Roux / Haasbroek Hoefslae teen Middernag jetzt bestellen!
Ihre Fragen, Wünsche oder Anmerkungen
Vorname*
Nachname*
Ihre E-Mail-Adresse*
Kundennr.
Ihre Nachricht*
Lediglich mit * gekennzeichnete Felder sind Pflichtfelder.
Wenn Sie die im Kontaktformular eingegebenen Daten durch Klick auf den nachfolgenden Button übersenden, erklären Sie sich damit einverstanden, dass wir Ihr Angaben für die Beantwortung Ihrer Anfrage verwenden. Selbstverständlich werden Ihre Daten vertraulich behandelt und nicht an Dritte weitergegeben. Sie können der Verwendung Ihrer Daten jederzeit widersprechen. Das Datenhandling bei Sack Fachmedien erklären wir Ihnen in unserer Datenschutzerklärung.