Le Roux / Haasbroek | Ruiters van die Dood | E-Book | sack.de
E-Book

E-Book, Afrikaans, Band 8, 166 Seiten

Reihe: Woeste Laeveld

Le Roux / Haasbroek Ruiters van die Dood

E-Book, Afrikaans, Band 8, 166 Seiten

Reihe: Woeste Laeveld

ISBN: 978-1-928498-70-4
Verlag: Pieter Haasbroek
Format: EPUB
Kopierschutz: Kein



RUITERS VAN DIE DOOD - WOESTE LAEVELD REEKS

Hierdie verhaal, soos ook die ander in die reeks, speel af in die tagtigerjare van die vorige eeu toe Barberton, in die bergwêreld van die Oostelike Transvaal, nog wild en woes was. Fortuinsoekers het uit verre oorde die aarde kom omdolwe op soek na goud. En te midde van geldsug en ’n koorsagtige gejaag om ryk te word, het hartstogte opgevlam. Haat, weerwraak en jaloesie was stukragte wat die mens tot die uiterste gedryf het. Wet en orde kon nie altyd behoorlik toegepas word deur die geringe polisiemag wat toe bestaan het nie. Die opperheerskappy van die rewolwer, geweer en dolk het meestal deurslag gegee in die stryd tussen reg en onreg en was deur baie beskou as die eintlike wet. Maar te midde van hierdie ruwe era en wilde hartstogte, was daar ook die mooi ontplooiing van liefde tussen man en vrou, waar innige emosies soms deurstrengel geraak het met siedende wraaklus, moord en vernielsug.

In hierdie laaste opwindende woeste weste reeks verhale uit die pen van Braam le Roux, ontsnap daar ? gevangene uit die tronk. Snel Benecke het net een doel voor oë en dit is om hom te wreek op die man, wat hy glo hom ontneem het van sy erfporsie, asook ? groot skat wat hy iewers versteek het net voor hy tronk toe is. Die persoon wat Snel wil doodmaak is die polisie-agent Frans Verwey, wat vir Snel gearresteer het vir beesdiefstal en strafbare manslag. Hein Brandis het intussen ook ? polisie agent geword en saam word die twee uitgestuur om te gaan ondersoek instel na iemand wat in ? hut verbrand het. Hein glo nie die identiteit van die oorledene nie en nie lank nie of iemand wat hy ken, bevestig ook sy vermoede in die verband. Die “oorlede” man beraam ? aaklige plan deur ? goeie vriend van Hein te vermoor en dan die blaam op Hein te plaas. Hy kry dit ook reg en Hein moet later uit die tronk ontsnap met behulp van ? paar getroue vriende, om te gaan soek na die man wat sy vriend vermoor het en ook om sy eie naam in ere te stel. Tussendeur is daar ook twee beeldskone vroue wat konstant meeding om Hein se aandag en maar min ooghare het vir mekaar. Die noodlot is egter teen Hein en verloor hy nog iemand baie na aan hom. Op vlug van die gereg wat hom voëlvry verklaar het asook skurke wat sy dood soek, het Hein sy hande behoorlik vol om lewend te bly en wraak te neem op die persoon wat twee van sy vriende vermoor het. Gou klap die vuiste en koeëls sing in alle rigtings in die skermutselinge wat Hein het met die wat hom wil arresteer en doodmaak. In die hierdie spanningsvolle woeste weste verhaal is die skrywer op sy allerbeste en kan mens nie anders as om die boek eers klaar te lees voor jy dit neersit nie.
Le Roux / Haasbroek Ruiters van die Dood jetzt bestellen!
Ihre Fragen, Wünsche oder Anmerkungen
Vorname*
Nachname*
Ihre E-Mail-Adresse*
Kundennr.
Ihre Nachricht*
Lediglich mit * gekennzeichnete Felder sind Pflichtfelder.
Wenn Sie die im Kontaktformular eingegebenen Daten durch Klick auf den nachfolgenden Button übersenden, erklären Sie sich damit einverstanden, dass wir Ihr Angaben für die Beantwortung Ihrer Anfrage verwenden. Selbstverständlich werden Ihre Daten vertraulich behandelt und nicht an Dritte weitergegeben. Sie können der Verwendung Ihrer Daten jederzeit widersprechen. Das Datenhandling bei Sack Fachmedien erklären wir Ihnen in unserer Datenschutzerklärung.